Jumat, 13 Februari 2015

Ontdekking van die lewe

Dis nie net ’n nuwe week nie, maar ook die begin van ’n nuwe werksjaar. Dit voel so anders as verlede jaar hierdie tyd – toe was dit voorbereidings tref vir Willem se koms; angs, onsekerheid en opgewondenheid. Hier staan ek nou ’n jaar later en ek is opgewonde om elke ding opnuut deur ’n kind van byna ’n jaar oud se oë te beleef, opgewonde om te sien hoe hy net wil begin loop en paniekerig elke keer as dit lyk of hy dalk sy balans verloor. Dis oulik om te sien hoe hy op die vensterbank klim en aan die diefwering vashou, maar so angswekkend dat hy dalk agteroor kan val. Wat ’n vreugde om hom te hoor lag van lekkerkry as ons in die swembad speel, maar dan kom die hartstilstandoomblikke as hy uit jou arms bars en self wil swem.

Tidak ada komentar:

Posting Komentar